Prime Day

Como cliente Amazon Prime obtén 3 meses de Audible gratis

Diseño de la portada del título Die swerfjare van Poppie Nongena [The Long Journey of Poppie Nongena]

Die swerfjare van Poppie Nongena [The Long Journey of Poppie Nongena]

Muestra

Suscríbete a la prueba gratuita para poder disfrutar de este libro a un precio exclusivo para suscriptores

Pagar 11,89 € con prueba
Después de los 30 días, 9,99 €/mes. Cancela tu siguiente plan mensual cuando quieras.
Disfruta de más de 90.000 títulos de forma ilimitada.
Escucha cuando y donde quieras, incluso sin conexión
Sin compromiso. Cancela tu siguiente plan mensual cuando quieras.

Die swerfjare van Poppie Nongena [The Long Journey of Poppie Nongena]

De: Elsa Joubert
Narrado por: Theresa Cloete
Pagar 11,89 € con prueba

Después de los 30 días, 9,99 €/mes. Cancela cuando quieras.

Compra ahora por 16,99 €

Compra ahora por 16,99 €

Acerca de este título

Die swerfjare van Poppie Nongena het by verskyning in November 1978 die gemoed van die hele land beroer. Binne vier maande is dit drie keer herdruk. Dit is in 1979 met die Luyt-, die CNA- en die W.A. Hofmeyr-prys bekroon. In 1981 is dit deur die Royal Society of Literature in Londen aangewys as die beste streekroman wat in Engels verskyn het; Elsa Joubert word ook ‘n Fellow van die Society. Sedertdien is die roman vertaal in Frans, Spaans, Duits, Nederlands en Italiaans. In 1985 het ‘n Amerikaanse uitgawe verskyn.

Hoë lof is van kritici ontvang. Audrey Blignault het die betekenis van die roman só saamgevat: "n Aangrypende, onvergeetlike boek wat die sluier tussen die witmens en die swartmens in Suid-Afrika afruk." André P. Brink het dit in Rapport as die boek van die jaar in die Afrikaanse prosa uitgesonder: "'n Visioen van menslike gevangeneskap... Ontstemmend en indrukwekkend... Verpligte literatuur vir elke mens wat oor hierdie land wil saampraat. "Oorsee het die gesaghebbende Sunday Times Literary Supplement ‘n entoesiastiese bespreking van die roman geplaas. En The Times se resensent skryf: "(The novel) unfolds with the inexorable force of a Greek tragedy."

As voorhoogstuk was Poppie eweneens suksesvol. Dit is in sowel Afrikaans as Engels landwyd opgevoer. In New York is dit eers in ‘n eksperimentele teater aangebied; daarna het dit as Off Broadway-opvoering die Obi-toekenning verwerf vir die beste dramateks. Dit is gekies vir die Edinburgh-toneelfees, en later ook in Londen opgevoer, waar Thuli Dumakude as Poppie die gesogte Olivier-prys verower het. Vervolgens is dit opgevoer in Australië, Kanada en Chicago.

Die skryfster self sê oor dié suksesverhaal: "Die lewe van die werklike Poppie het my diep geraak, en my beklem. Hier was ‘n vrou, magteloos vasgevang in ‘n onmenslike sisteem, wat veg vir die bestaan van haar gesin. Deur die boek wou ek aan haar ‘n stem gee."

Please note: This audiobook is in Afrikaans.

©1978 Elsa Joubert (P)2014 NB Publishers
Literatura de género Narrativa literaria
No hay reseñas aún